Beleggers vir Namibiese groen skemas in Davos gesoek

Die Namibiese regering het potensiële plaaslike en internasionale beleggers genooi om vier groen skemas en ‘n suiwelprojek te huur. Dit volg op die bekendstelling van die Versoek om Voorstelle by die Wêreld Ekonomiese Forum wat in Davos, Switserland, aan die gang is. Die vier groen skemas sluit in Katima Mulilo-Liselo, Zone Green, Neckartal en  Tandjieskoppe, wat op ‘n bou-, bedryf- en oordragbasis beskikbaar is. Plaaslike en internasionale bieërs sal ook meeding om die Uvungu Vungu suiwel-projek te huur. Die regering moedig gesamentlike ondernemingsvennootskappe in die projekte aan, veral met kleinskaalse boere. Die bodproses duur tot 30 Junie.