Beleggers kyk reeds na geleenthede na oorlog in Oekraïne tot ‘n einde kom

Die hoof van die Amerikaanse private-ekwiteitsfirma BlackRock sê dat Westerse beleggers die Oekraïne na die oorlog sal oorstroom en die land kan ‘n baken van kapitalisme vir die res van die wêreld word. Larry Fink, een van die wêreld se invloedrykste beleggers, het in Davos gesê hy skat die land sal 750 miljard Amerikaanse dollar aan fondse en hulp nodig hê na die oorlog. Hy sê diegene wat werklik in ‘n kapitalistiese stelsel glo, sal Oekraïne met kapitaal oorstroom. Hy het gesê hy het met die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, gepraat om sy firma se belangstelling uit te spreek om aan heropboupogings deel te neem.