Beleg van Gaza veroorsaak talle vergrype van basiese regte

Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê sy kommer neem toe oor die uitwerking wat die konflik tussen Israel en die Palestyne in die komende dae op burgerlikes gaan hê terwyl die geweld toeneem. ʼn Woordvoerder van die kantoor, Ravina Shamdasani, sê die voortslepende beleg op Gaza raak watervoorsiening, kos en ander basiese behoeftes, Sy sê daar is daagliks aanduidings van oorlogs- en internasionale menseregtewette wat oortree word: