Belê sommer tydens inkopies, goudstawe by die ‘vending-masjien’ te koop

Die gewildheid van goudstawe neem toe by kleinhandelaars regoor Suid-Korea namate die waarde toeneem te midde van inflasiedruk regoor die wêreld. Die land se GS Retail, wat meer as 1 000 winkels in die land bedryf, het bevestig dat die verkope van goudstawe by sy winkels altesaam 19 miljoen Amerikaanse dollar beloop het in die afgelope nege maande tot einde Mei. Die goudstawe, wat gekoop word by masjiene, is in vyf groottes – 0,13 onse tot 1,3 onse. Pryse wissel daagliks in ooreenstemming met die internasionale waardasie vir goud. Die gewildste goudstaaf is die kleinste, die 0,13-ons, wat tans teen sowat 225 Amerikaanse dollar verkoop word met Koreane in hul 20’s en 30’s wat blyk om die hoofkopers te wees.