Belastingvoordele sal seker eers Oktober van krag wees

Die finansminister Iipumbu Shiimi sê belastingbetalers sal by die belastingverligting baat vind sodra die belastingwet gewysig is. Hy het tydens die begroting die drempel tot ‘n minimum van 100 000 Namibiese dollar verhoog en dit vanaf 1 Maart geïmplementeer maar, die belastingwet moet gewysig word. Tans is die nuwe wetgewing by die regering se regsmense. Daarna sal die prokureur-generaal dit goedkeur en dan sal dit in die Nasionale Vergadering voorgelê sal word vir debat en hersiening deur die Nasionale Raad. Eers dan sal die voordeel inskop.