Belastingkrediete onder vergrootglas

AfriForum eis die Nasionale Tesourie moet dringend antwoorde verskaf oor bewerings dat die belastingkrediet op mediese fondsbydraes geskrap gaan word. Die Gesondheidsdepartement het die bewering Dinsdag gemaak tydens ‘n voorlegging aan die Nasionale Raad van Provinsies se staande komitee oor gesondheid en maatskaplike dienste. Louis Boshoff sê die burgerregte-organisasie hou vol die beëindiging van belastingafslag kan rampspoedige gevolge inhou vir individue sowel as privaat mediese fondse.