Belangrike wedstryd vir Bok-vroue vandag

Die Springbok-vrouespan kom vandag in ‘n deurslaggewende toetswedstryd teen Spanje in die DHL-stadion in Kaapstad te staan. Die span se kaptein, Nolusindiso Booi, sê hulle vorige oorwinning van 59-17 teen die Barbarians is goed vir hulle selfvertroue. Die hulpafrigter, Franzel September, beskou vandag se wedstryd as ‘n maatstaf, na hulle nederlaag van 13-15 in Valladolid vroeër vanjaar. Hy doen ook ‘n beroep op ondersteuning vir die span: