Bela is laaste vertrouensbreuk met Afrikaners
Solidariteit sê die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette is ‘n laaste vertrouensbreuk met die Afrikaanse gemeenskap. Volgens die vakbond sentraliseer die wetsontwerp, wat met die ANC se meerderheid in die Nasionale Raad van Provinsies aangeneem is, besluite oor taal- en toelatingsbeleide, wat minderheidsregte ondermyn. Die vakbond beloof om in samewerking met ander organisasies, regstappe in te stel om die wetsontwerp te betwis. Johnell Prinsloo van Solidariteit sien die wysigings as ‘n front wat daarop gemik is om Afrikaans te marginaliseer en rassekwotas af te dwing in skole: