Bekroonde SA ekonoom in Windhoek

Die bekroonde Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler is in Namibië om deel te neem aan ‘n gesprek oor die Covid ekonomie en omgewinsvolhoubaarheid wat deur High Economic Intelligence georganiseer is. Dit vind môreoggend om nege-uur by die Am Weinberg Boetiekhotel in die hoofstad plaas. Die Namibiese handelsminister, Lucia Ipumbu, sal die gasspreker saam met Schussler wees, sê Salomo Hei van High Economic Intelligence.