Bekostigbaarheid van basiese inkomste-toelaag verg ondersoek
Die erge droogte het oeste vernietig en diere laat vrek, en sowat 73 persent van Namibiërs het vanjaar nie genoeg kos nie, volgens Afrobarometer. In 2017 het 47 persent van die land se inwoners nie genoeg kos gehad nie. Daar word ook verwag dat die situasie sal vererger tussen vandeesmaand en September, voor die reënseisoen. Die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië asook die Basic Income Grant Coalition het herhaal dat daar ‘n vorm van inkomstetoelaag ingestel moet word, sodat mense ten minste bietjie kos kan koop. Kosmos 94.1 Nuus het met die ombudsman, Basilius Dyakugha, gesels wat sê daar behoort ‘n ordentlike ondersoek gedoen word oor die beskostigbaarheid van so ‘n toelaag.