Bekende uitsaaier soek vergoeding na haar kind se dood

Die bekende uitsaaier en nou skakelbeampte, Laimi Elago, dagvaar die Paaie-owerheid, sowel as die bestuurder van die Grain Carriers-vragmotor en die maatskappy vir skadevergoeding van 833 000 Namibiese dollar. Elago se kind is dood in ‘n motorongeluk in Augustus 2021, ‘n dag na haar sewende verjaarsdag. In haar stukke sê sy die owerheid het nie die padoppervlakte in stand gehou nie en ook geen waarskuwing daaroor uitgesit nie. Sy voer ook aan die bestuurder was roekeloos en dus ook verantwoordelik. Die partye kom vandag voor regter Thomas Masuku voor vir ‘n voorverhoor konferensie. Die respondente verdedig die saak.