Bekende sangeres vir beweerde dronkbestuur vas ná botsing

‘n Bekende sangeres is vanoggend in Windhoek in hegtenis geneem vir beweerde dronkbestuur nadat sy in ‘n voertuig vasgery het. Die botsing het omstreeks half-agt in Nelson Mandela-rylaan en Metjestraat plaasgevind toe die sangeres in die voertuig van ‘n omroeper van Kosmos 94.1, Jessica Thomas vasgery het. Thomas se babaseun was ook saam met haar in die voertuig. Die sangeres het volgens Thomas aan die polisie erken dat sy dronk is met haar alkoholvlak wat op 0,87 op die blaastoestel geregistreer het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Nampol, hoofinspekteur Elifas Kuwinga gepraat wat bevestig het dat die voorval nog amptelik aangemeld moet word.