Bekende SA radioman verloor stryd teen kanker

En Die bekende Suid-Afrikaanse radioman, die 53-jarige Mark Pilgrim het vanoggend sy stryd teen longkanker verloor waarmee hy in Februarie verlede jaar gediagnoseer is. Lloyd Madurai, die besturende direkteur van HOT 102.7 FM, die radiostasie waar Pilgrim gewerk het, het sy heengaan bevestig. Pilgrim is vreedsaam by sy huis oorlede met sy verloofde Adrienne Watskins aan sy sy. Pilgrim was nie net in die radiowese bekend nie, maar was ook ‘n TV-aanbieder wat die realiteitsprogram Big Brother aangebied het. Hy het veral bekendheid verwerf as een van 5FM se gewildste omroepers.