Bek-en-klouseer versprei in Zambezi

Bek-en-klouseer in die Zambezi-streek het na vier nedersettings versprei en 795 beeste besmet. Volgens ‘n mediaverklaring van die Namibiese landbouministerie het die sentrale veeartseny-laboratorium bek-en-klouseer in die Kasenu-nedersetting in die Kabbe-Suid-kiesafdeling bevestig wat sedertdien na Luhonono, Namiyundu, Ikaba en Nankutwe versprei het. Die beeste is vermoedelik deur vrylopende buffels in die gebied besmet, maar die ondersoek na die bron van besmetting duur voort.