Bek-en-klouseer in SA wek kommer

‘n Vermeende uitbreking van bek-en-klouseer onder vee op ‘n plaas in Ramatlabama in Suid-Afrika se Noordwes-provinsie wek kommer. Die plaas is onder kwarantyn en opvolgondersoeke word daar en op omliggende plase en dorpies gedoen. Botswana se landbou-ministerie het ook boere gevra om te let op tekens van moontlike besmetting onder hulle diere. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, bemarkingshoof by die Namibiese Vleisraad, gepraat oor hoe dit plaaslike boere beïnvloed.