Bejaarde eks-gyselaar veg om haar lewe

’n Bejaarde Israelse vrou veg glo om haar lewe nadat sy die naweek deur Hamas vrygelaat is. Die 84-jarige Elma Avraham is vroeg verlede maand uit haar huis ontvoer toe die militante organisasie ‘n verrassingsaanval oor die grens van Gaza uitgevoer het. Sy is onmiddellik na haar vrylating per helikopter na ‘n hospitaal geneem. Avraham se dogter, Tali Amano, het aan die media gesê haar ma is in haglike omstandighede aangehou en lewensnoodsaaklike medikasie geweier. Die Rooikruis het haar ook nie in Gaza besoek nie.