Bejaarde egpaar vermis tydens toer in Kunene

Daar is groot kommer oor ‘n bejaarde egpaar, die 82-jarige Hans Jörg Mettier en sy 81-jarige vrou Erika. Die twee is sedert 23 November vermis na hulle Purros in die verre noordwestelike Kunene-streek verlaat het om noordoos na Opuwo Lodge te reis via die Khumib-rivier in donkerblou Toyota Hilux met ‘n Outjo-registrasie. ‘n Beroep word gedoen op alle toergidse en loodse in die gebied om ‘n oog oop te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met hulle skoondogter Albertina gepraat.