Beijing toets inwoners om Covid-inperking te vermy

Driekwart van Beijing se 25 miljoen mense het vandag vir Covid-toetse tougestaan. Dit, terwyl owerhede in die Chinese hoofstad naarstigtigtelik probeer om ‘n ontluikende uitbreking uit te roei en só ‘n ontwrigtende inperking in die stad af te weer. In Shanghai, wat reeds ‘n maand lank ingeperk is, het die gefrustreerde 25 miljoen inwoners van die kommersiële hoofstad van China gesukkel om basiese benodighede te bekom. Inwoners van Beijing het met dié situasie in die agterkop reeds begin om basiese benodighede soos kos en ander voorraad te stoor.