Beide Hamas, Israel skuldig aan oorlogmisdade

Israel en Hamas het sedert 7 Oktober verlede jaar ‘n reeks oorlogsmisdade en menseregteskendings gepleeg. Dit is volgens ‘n verslag deur ‘n kommissie van ondersoek wat in 2021 deur die Verenigde Nasies se Menseregteraad aangestel is. Die kommissie sê Israel se beweerde oorlogsmisdade sluit in hongersnood, lukrake aanhouding en die dood van duisende burgerlikes. Die kommissie beskuldig Hamas se militêre vleuel en ses ander Palestynse gewapende groepe ook van moorde, marteling, seksuele geweld en georganiseerde ontvoering.