Behuisingsprojek vir Swakopmund se informele nedersettings beplan

Meer as 500 Swakopmundse inwoners sal nou ordentlike behuising kan besit aangesien die munisipaliteit ‘n proses sal begin het waardeur grondeienaarskap aan hulle toegeken sal word. Die laekoste-behuisingsprojek vir inwoners van die informele nedersettings van DRC Proper en DRC Wagdaar sal vroeg vanjaar begin, volgens die dorp se hoof uitvoerende beampte, Archie Benjamin. Linda Mupupa, die skakelbeampte van Swakopmundse munisipaliteit het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.