Behuising vir stedelike armes in die soeklig

Die Nasionale Raad se staande komitee vir vervoer, infrastruktuur en behuising gaan van 18 tot 21 Junie ’n werkswinkel aanbied oor “Die behoefte om grond vir die stedelike arm en grondlose burgers te voorsien”. Dit volg op die aanvaarding van ‘n mosie wat ten doel het om Namibië se behuisingsagterstand te evalueer en die struikelblokke te ondersoek wat stedelike arm gemeenskappe in die gesig staar in toegang tot grond en behuising. Die Shack Dwellers’ Federation of Namibia gaan daar wees. Die federasie se hooffokus is om die lewensomstandighede van lae-inkomstegroepe wat in shacks of gehuurde kamers woon en diegene sonder blyplek te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Heinrich Amushila van die federasie, oor hoekom die werkswinkel belangrik is.