Behuising, stedelike armoede moet aandag kry

Meer as 300 000 Namibiese huishoudings benodig voldoende behuising en sanitasie, met die oorgrote meerderheid uit ultra-lae en lae-inkomste huishoudings wat nie toegang tot die formele huismark kan bekostig nie. Die jongste statistieke dui ook aan dat daar ongeveer 230 000 gesinne in plakkershutte in informele nedersettings in Namibië woon, met geen verblyfsekerheid nie en minimale dienste tot hulle beskikking. Die Erongo-goewerneur Neville Andre het die syfers by ‘n werkswinkel in die verband op Swakopmund beken gemaak. Stedelike armoede neem ook toe en Andre sê dit raak die welstand en produktiwiteit van die Namibiese samelewing negatief.