Beheerde ontploffings by Baltimore-brug
Amerikaanse spanne in Baltimore het beheerde ontploffings uitgevoer om hulle in staat te stel om ‘n gedeelte van die ineengestorte Francis Scott Key-brug van die van die vragskip te verwyder. Die weermagkorps sê die ontploffings is bedoel om die stukke kleiner en meer hanteerbaar te maak. Op 26 Maart het die skip, die Dali, krag verloor en in ‘n brugsteun vasgevaar. Ses konstruksiewerkers is dood.