Begrotingsrede: SA regering wil energiesektor hervorm

Die buurland se finansminister Enoch Godongwana sê beurtkrag is ‘n kritieke saak wat alle Suid-Afrikaners raak, en ontwrig produksie, operasies en voortbestaan. Met die voorlê van die laaste begroting van die sesde administrasie, het hy gesê die hervorming van die energiesektor sal lei tot langtermyn energie-sekerheid. Hy sê die regering se besluite in die verlede lewer positiewe resultate. Om nog belegging in hernubare energie te bevorder, stel die begroting ‘n verhoging voor in die perk vir kwalifiserende hernubare projekte onder die koolstof-verrekeningstelsel van 15-megawatt tot 30-megawatt.