Begroting: Waar’s die werkskepping?
Die sekretaris-generaal van die Namibiese vakbondkongres Tucna Mahongora Kavihuha sê die regering moet ‘n aktiewe rol speel in beide die ekonomie en werkskepping. Hy het sy frustrasie uitgespreek oor die huidige begroting wat hy meen geen melding maak van werkskepping en indiensneming nie. Daar is ook geen beleid wat werkskepping positief sal beïnvloed nie. Die vakbond sê ook die regering behoort maatskaplike toelaes vir weeskinders en kwesbare mense te verhoog, net soos dit vir pensioenarisse gedoen is.