Begroting: Staatsdiens-verhogings, oumens-pensioen?

Finansminister Ipumbu Shiimi lewer vanmiddag sy begrotingsrede en almal wil hoor of wyle president Hage Geingob se Oujaarsbelofte vir ‘n moontlike 2 000 of selfs 3 000 Namibiese dollar in oumens-pensioen waar sal word. Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê nee, indien daar nie samesprekings plaasgevind het nie.

En wat van die staatsdiens se 5 persent verhoging. Sal daar geld wees daarvoor? Kakujaha-Matundu verduidelik.