Begroting kniehalter konstruksie verder

Daar blyk om geen verligting vir die Namibiese konstruksie-bedryf te wees nie. Volgens berekeninge deur die Tender Bulletin, het die Namibiese regering sy begroting vir konsultasies in die boudbedryf met 19 persent gesny na 354,6 miljoen Namibiese dollar vir die huidige boekjaar. Die begroting vir openbare konstruksiewerk is ook met 35 persent besnoei tot 2,4 miljard dollar wat ‘n laagtepunt van 11 jaar verteenwoordig. Sedert 2016, toe die bedryf ‘n reuse-inkrimping van 41 persent ervaar het, sukkel dit met herstel. Verlede jaar het die bedryf met 16 persent gekrimp. Droogtetoestande, wat vandeesjaar voorspel word, is ook uiters slegte nuus vir die bedryf wat baie water benodig.