Begroting ‘kan nie werkloosheid oplos’

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Capricorn Groep, High Economic Intelligence en die Duitse Samewerking-organisasie, GIZ Namibië, het ‘n voorbegroting openbare bespreking aangebied. Die tema was “Die Nasionale Begroting in ‘n Verkiesingsjaar: Vooruitsigte”. Een van die paneellede, Rand Merchant Bank groep-ekonoom Ruusa Nandago, gee haar mening oor of die begroting voorsiening sal maak vir die hoë werkloosheidsyfer in die land.