Begroting groei maar koste van skuld groei 3 keer meer
Die Tender Bulletin het ‘n ontleding van die Namibiese begroting oor die afgelope 12 jaar gedoen. Die totaal het met 207 persent gegroei van net minder as 47 miljard Namibiese dollar tot 97 miljard dollar maar, die koste om skuld te diens het met ‘n reuse 711 persent gegroei in dieselfde tydperk. Intussen het die begroting se besteebare inkomste gekrimp. Dit het vanaf 2013-14 met 25,6 persent gegroei in die volgende jaar maar, daarna met net 9,8 persent en toe teruggeval na groei van 5,3 persent, met groei van 0,13 persent in die jaar daarna, en 3,3 persent in die volgende jaar. Dit het toe weer gekrimp na 2,4 persent, gespring na 6 persent en in die laaste boekjaar met 16,5 persent.