Begroting ’23: Hoeveel beweegruimte het Shiimi?

‘n Namibiese ekonomiese kenner het sy mening gegee oor die fiskale ruimte wat die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het wanneer hy die begroting vir die 2023/2024-boekjaar op 22 Februarie in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê. Geskatte uitgawes vir die boekjaar volgens die huidige begrotings-dokument sal na verwagting in die omgewing van 73 miljard Namibiese dollar wees. In die middeltermyn-begroting het Shiimi baie verligting ontvang met fondse wat deur NamRA ingesamel is. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, gevra wat sy verwagtinge is, veral noudat NamRA goed presteer.