Beethoven se 9de Simfonie met stemme

In Japan het elke jaar sedert 1983 ‘n koor van 10 000 sangers bymekaargekom om die koorklimaks van Beethoven se 9de Simfonie in Desember te sing. Voeg daarby die lede van die orkes, en jy kry ’n monumentale opvoering. In Japan is Beethoven se 9de met Kerstyd geassosieer. In winkelsentrums, in gemeenskapsentrums en in konsertlokale is daar honderde optredes van die simfonie. Daar is egter iets heel magies omtrent 10 000 stemme wat in perfekte harmonie sing. Die kwaliteit van die sang word merkwaardiger as mens besef dat die meeste van die sangers amateurs is. Aansoeke om te sing is oorgeteken, so dit is ‘n voorreg om gekies te word.

Foto: The Music Man