Beesbredie duurste in Sone 3, tamaties duurste in Khomas

Die Namibiese Statistieke-agentskap se produkte van die maand in die jongste verbruikersprysindeks is beesbredie en vars tamaties. Die ontleding van die gemiddelde kleinhandelpryse in September wys dat verbruikers in Sone 3, die suidelike streke met Erongo en Omaheke, die hoogste prys vir beesbredie per kilogram betaal het teen 96 dollar 71 sent per kilogram. In Sone 2, Khomas, was die prys 94 dollar 99 sent. Verbruikers in Sone 1 het die minste betaal teen 90 dollar 99 sent. Intussen was vars, los tamaties die duurste in Sone 2 teen 37 dollar 29 sent per kilogram. In Sone 3 was die prys 36 dollar 21 sent en in Sone 1, 34 dollar 9 sent.