Beer maak amok in Japannese supermark

’n Beer wat amok gemaak het in ’n supermark in die stad Akita in die noorde van Japan, is gevang twee dae nadat hy ’n werker aangeval het. Die 47-jarige werknemer het ‘n ligte kopbesering opgedoen. Owerhede kon die dier eers twee dae later vastrek en van kant maak, nadat hy die vleisafdeling geplunder en sommige rakke beskadig het. Aanvalle deur bere word toenemend ʼn probleem in die land, veral in die noorde, waar bergreekse en welige bosse die ideale habitat bied.