Beeldjie ontplof glo by straatkafee in St. Petersburg

Russiese owerhede het ‘n polisie-video vrygestel waarin die verdagte wat beskuldig word van die moord op ‘n bekende pro-oorlog militêre blogger in St. Petersburg, erken dat sy ‘n beeldjie aan hom oorhandig het, wat later ontplof het. Die verdagte, die 26-jarige Darya Trepova is vanoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op Vladlen Tatarsky, wat in die ontploffing in ‘n straatkafee dood is. Meer as 30 mense is ook in die ontploffing beseer. Trepova sê egter in die beeldmateriaal dat sy nie geweet het die beeldjie gaan ontplof nie, en sy erken ook nie dat sy verder ‘n rol in die moord gespeel het nie.