Beduidende silwerbron in Namibië ontdek

Australiese mynreus Golden Deeps het ‘n beduidende silwer hulpbron by sy Khusib Springs-projek in Namibië ontdek. Dit volg op ‘n herberekening van bestaande boorgate, met die fokus op silwer eerder as koper. Die aanvanklike hulpbronskatting is 1,9 miljoen onse silwer-ekwivalent, met potensiaal vir verdere uitbreiding. Die projek is geleë op ‘n historiese myn met ‘n sterk silwer-produksie geskiedenis. Golden Deeps beplan om eksplorasiepogings te laat herleef en voorheen ongemynde sones te teiken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Veston Malango, die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, wat sê dat eksplorasie regoor die land floreer en dis uiters goeie nuus.