Bedrysprosedures vir gesondheid, veiligheid in myne geteken

Die uitvoerende direkteur van gesondheid, Ben Nangombe, het die belangrikheid daarvan beklemtoon om die gesondheid en veiligheid van die land se mynwerkers te prioritiseer. Nangombe het gepraat by die ondertekening van die Myn Gesondheid en Veiligheid Standaard Bedryfsprosedures in die hoofstad. Die gesondheidministerie, myne en energie-ministerie en arbeidministerie het saam die prosedures onderskryf. Dit is daarop gemik om die land te lei in die prioritisering van die voorkoming, doeltreffende sifting en behandeling van tuberkulose onder mynwerkers. Die prosedures sluit in risikobestuur, vroeë diagnose en toesig van TB, MIV en longsiektes in mynbou. Nangombe sê dat die aanspreek van hierdie faktore in die mynbousektor ‘n omvattende benadering vereis wat nie net op die verbetering van ventilasie fokus nie, maar ook op breër gesondheidsintervensies, onderwys en toegang tot gesondheidsorgdienste.