Bedrog met EFT-transaksies styg skerp

Plaaslike media berig dat Namibiërs verantwoordelik is vir 18,6 miljoen Namibiese dollar in bankbedrog, en dit net in die eerste helfte van die jaar. The Namibian sê dat die elektroniese oordrag van fondse amper 10,6 miljoen dollar hiervan beslaan. Terwyl totale bedrog teenoor dieselfde periode gedaal het, het bedrog met EFT-transaksies met amper 2,3 miljoen dollar gestyg. Daar is amper 7,2 miljoen dollar minder in kaartbedrog en ‘n daling van 3,76 miljoen dollar in elektroniese fondse. Bedrog in laasgenoemde twee kategorieë het met 57 en 58 persent gedaal.