Bedreigde noordelike witrenoster kan dalk gered word

Wetenskaplikes in Duitsland glo ‘n deurbraak met vrugbaarheidsnavorsing sal die kritiek bedreigde noordelike witrenoster red, waarvan slegs twee wyfies op die planeet oor is. Kenners het die heel eerste in vitro-bevrugtingswangerskap behaal nadat ‘n laboratorium-geskepte embrio van ‘n suidelike witrenoster na ‘n surrogaatma oorgeplaas is. Daar word nou gehoop die prosedure kan herhaal word met die noordelike witrenoster, wat ‘n nouverwante subspesie is. BBC News berig die noordelike witrenoster is eens regoor sentraal-Afrika aangetref, maar is uitgewis weens die vraag na renosterhoring.