BBP-beskermingseenheid se oortyd: R180 miljoen per jaar
RISE Mzansi sê om ministers en adjunkministers veilig te hou word al hoe duurder vir die staat. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het onthul daar is in die afgelope twee boekjare 360-milljoen Suid-Afrikaanse rand betaal aan oortyd vir lede van die BBP-beskermingseenheid. Makashule Gana van RISE Mzansi sê alle lyfwagte eis dieselfde aantal oortydure per maand, wat weens die buitengewone werksure, 100 uur is.