Baynes se padtender het nie goekeuring gehad nie

Berigte lui dat die 1 miljard Namibiese dollar padtender vir die Baynes-hidroëlektriese projek, wat deur die Paaie-owerheid uitgesit is, nie goedkeuring van die finansministerie ontvang het nie. Die kostedrempel is oorskry. Maar, die owerheid ontken dit en sê dit vorm deel van sy huidige verkrygingsplan. Volgens die Tender Bulletin is die plan nie beskikbaar nie. Die publikasie sê net Elia Kaiyamo se Otesa Civil Engineering en Nexus Construction sal kan bie op die tender wat op 10 Oktober sluit, as gevolg van die bepalings. Baynes is al jare vertraag met die eerste vatbaarheidstudie wat reeds in 2008 voltooi is. Die projek, wat 880 megawatt se krag aan Namibië en Angola sal voorsien is ook omstrede omdat dit 57 vierkante kilometer van voorvaderlike grafte en grond van die Ovahimba volk sal oorstroom.