Baynes-projek kry baie aandag in die kabinet
Die regering het vroeg in Junie aangekondig dat Namibië en Angola in Julie ‘n ooreenkoms rakende die ontwikkeling van die 881-megawatt Baynes hidroëlektriese aanleg in die benede-Kunenerivier. Beide regerings sal bydra tot die eenheid se begroting. Die dam sal krag opwek vir beide lande. Vandag het die kabinet die implementeringsooreenkoms goedgekeur. Modestus Amutse, die adjunk-inligtingsminister het die aankondiging gemaak.
Die kabinet het ook die befondsingsmodel goedgekeur en die eerste konstruksie sal in September vanjaar begin.