Bayesian het ‘waterdigte kluise, intelligensiedata’ aan boord

Spesialis-duikers na die wrak van die superjag, Bayesian, wat in Augustus naby die kus van Sisilië gesink het, versoek verhoogde sekerheid vir die vaartuig weens kommer dat sensitiewe data in sy kluise buitelandse regerings kan interesseer. Sewe mense is in die ongeluk dood, insluitend die Britse tegnologie-magnaat, Mike Lynch. Lynch het deur sy onderskeie maatskappye bande gehad met Britse, Amerikaanse en ander intelligensiedienste. Duikers sal eersdaags voorstel wat die beste manier is om die vaartuig van 473-ton na die oppervlak te bring en hoe om sensitiewe data te beskerm.