Bavuma, Rabada vat witbal-blaaskans

Krieket: Temba Bavuma en Kagiso Rabada kry ʼn blaaskans en sal nie vir die Proteas speel in die witbalreeks teen Indië nie. Die T20-kaptein, Aiden Markram, sal Suid-Afrika ook in die drie eendagwedstrye aanvoer in Bavuma se afwesigheid. Wayne Parnell en Anrich Nortjé is beseer. Die eerste van die drie T20’s vind Sondag in Durban plaas. Die witbal-afrigter, Rob Walter, sê daar is besluit om senior spelers ʼn blaaskans te gee aangesien die fokus op die twee toetse in Centurion en Kaapstad gerig is: