Bavuma beseer, mis eerste Bangladesj-toets

Krieket: Die Protea-kaptein, Temba Bavuma sal die eerste toets teen Bangladesj weens ʼn armbesering misloop en die witbal-kaptein, Aiden Markram, sal die span aanvoer. Die opwindende jong kolwer, Dewald Brevis, is die eerste keer in die toetsgroep opgeneem nadat hy indruk gemaak het in die korter formate. Bavuma reis steeds volgende week saam met die span na Bangladesj en hoop om fiks te wees vir die tweede toets. Die eerste kragmeting begin die 21ste van die maand in Dhaka en die tweede die 29ste in Chattogram.