Bavaria befonds Wes-Kaapse veiligheid

Die Wes-Kaapse regering, Stad Kaapstad en die Hanns Seidel-stigting het ‘n nuwe projek van stapel gestuur om veiligheids-vennootskappe te verbeter. Die projek fokus op die versterking van data-gedrewe en bewysgebaseerde wetstoepassings-benaderings deur betroubare vennootskappe tussen wetstoepassingsagentskappe. Dit word deur die Duitse staat Bavaria befonds en sal tot Mei 2025 duur. Die premier, Alan Winde, sê die projek het ten doel om misdaad-brandpunte en maatskaplik-ekonomiese faktore wat misdaad aandryf, te identifiseer.