Basson sê oor Amushelelo, reserwemag by China Town ontplooi

Kommissaris Ismael Basson, bevelvoerder van die Khomas-streek, wou nie bevestig of Michael AmuKommissaris Ismael Basson, bevelvoerder van die Khomas-streek, wou nie bevestig of Michael Amushelelo homself oorhandig het aan die polisie of nie, maar sê hy is op klagte van aanhitsing tot geweld in hegtenis geneem. 

Hy het lede van die publiek gemaan om nie reg in eie hande te neem nie.

Intussen is die polisie se spesiale reserwemag by China Town in die hoofstad ontplooi na Amushelelo se ondersteuners gesê het hulle sal vanoggend bymekaar kom op die perseel.