Basket-legende Jerry West sterf op 86

Basketbal: Een van die grootste legendes in die NBA, Jerry West, is dood op 86. West is drie keer in die NBA-heldesaal ingehuldig en was die derde speler in die geskiedenis om 25-duisend punte aan te teken. Hy was 14 keer ‘n All Star en het die Lakers na nege NBA-eindstryde gevoer. West is ook in 1969 as die Waardevolste Speler in die NBA-eindstryde aangewys. West het saam met NBA-sterre soos Magic Johnson, Shaquille O’Nell en Kobe Bryant gewerk. Hy is langer as 60 jaar as ‘n basketbal-genie beskou.