Basil Smit wag vir duidelikheid van Loteryraad
Basil Smit het in reaksie op die Loteryraad se mediaverklaring op sosiale media geskryf dat daar kommer en verwarring is rondom die wettigheid van hul lootjietrekking van Amani Lodge en BurgView Boutique Hotel. Volgens die Loteryraad is die Multi-million Online Real Estate Lottery, die Namibia Property Raffle-projek van Smit, nie deur die raad goedgekeur nie. Smit skryf dat die projek nog altyd van voornemens was om binne die wetlike raamwerk wat deur die betrokke owerhede daargestel is, te funksioneer. Hy sê hulle het nougeset die nodige stappe gevolg om ‘n lotery-lisensie te bekom. Hulle is aktief besig met die Loteryraad om duidelikheid te soek en wag tans vir ‘n e-pos-antwoord van die voorsitter van die Loteryraad, Michael Mutonga.