Basil Smit beloon kaartjiekopers
Die eerste bonanza-trekkings in die eiendomslootjie van Basil Smit, vind vanoggend om tien-uur in die hoofstad plaas. Smit het die eerste multi-miljoen aanlyn eiendomslootjie-trekking en geaffilieerde bemarkingsprogram vroeër die jaar bekend gestel. Smit is die eienaar van Amani Lodge en BurgsView Boutique Hotel in Windhoek. Die totale prysgeld van die twee eiendomme word op ‘n minimum van 29 miljoen Namibiese dollar gewaardeer. Amani Lodge aan die oostelike buitewyke van die hoofstad Namibië is 19 miljoen dollar werd en BurgsView Hotel het ‘n asemrowende uitsig op die middestad. Die eerste twee bonanza-wenners sal 12 000 en 8 000 Namibiese dollar wen. Alleenlik kaartjiehouers kom in die trekking.