Basiese staatstoelaes word terugdateer in Augustus

Die ministerie van armoede uitwissing het aangekondig dat die ontvangers van oumens-toelaes, gestremdheid-toelaes en toelaes vir gestremde kinders, in Augustus verhoogde toelaes sal kry. Die betaling sal terug-dateer word tot April en sal dus 800 Namibiese dollar beloop vir die maande April tot Julie. Die totale uitbetaling, saam met die verhoogde toelaag van 1 600 dollar, sal dus 2 400 dollar wees.